Wat is ons bedieningsbeginsels?

Die volgende beginsels sal deel uitmaak van enige kontak met die AntWoord bediening:

  • Ons sal eerlike antwoorde gee.
  • Enige vraag is welkom.
  • Ons sal probeer luister om die dieper probleem agter die vrae te verstaan.
  • Ons sal nie goedkoop antwoorde probeer gee nie.
  • Mense is vir ons belangriker as net antwoorde of die wen van argumente.
  • Die Evangelie is die kern van ons bediening, maar die bediening omsluit die hele veld van Apologetiek.
  • Ons wil nie krap waar dit nie jeuk nie. Ons wil graag werk met vrae wat huidiglik vir 'n spesifieke individu, groep of gemeente relevant is, eerder as met vrae waarop ons besluit het.

Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!