Philip Scheepers is 'n boorling van Somerset Oos. Hy het die grootste deel van sy jeug in die Vrystaat deurgebring en het aan die Universiteit van die Vrystaat sy teologiese studies voltooi. Hy is met Chanel getroud en hulle het 'n seun, Ian, wat in 2004 gebore is. Philip het sy bediening in Port Elizabeth begin waar hy vir drie jaar werksaam was in die NG Gemeente Grasvoëlkop. Hy het op 'n deeltydse basis sy studies aan die UV voortgesit en in September 2003 'n Doktorsgraad in die Teologie behaal. Philip is al vir 'n geruime tyd by Veritas College werksaam. Veritas College is toegespaits op die ontwikkeling van kerkleiers reg oor die wêreld. Philip en Chanel was sedert die einde van 1999 vir 'n paar jaar in Engeland woonagtig. Behalwe vir sy werk by Veritas College was Philip ook op 'n deeltydse basis by die SA-Gemeente Londen betrokke.
Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!