Winkelsmidt dink dis belangrik om vrae te vra. Hy dink dis ‘n teken dat ‘n mens dink. Soms wonder Winkelsmidt net oor goed en ander kere twyfel hy. Van een ding is hy egter seker: goeie vrae verdien goeie antwoorde.
Het jy ‘n vraag waarmee Winkelsmidt kan identifiseer en wat hy sy eie kan maak?
Relevante vrae word geredigeer, alle persoonlike verwysings verwyder en onder Winkelsmidt se naam geplaas. Miskien vind ander ook baat by ‘n antwoord op jou vraag. Stuur dus gerus jou vraag aan antwoorde@yahoo.com.
Let wel: Die spesifieke antwoord op vrae en die opinies daarin vervat is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die opinies van ander lede of medewerkers van AntWoord nie.