Die volgende vier artikels verteenwoordig ’n e-pos gesprek tussen Stefan Louw en André van Zyl wat gedurende 2005 plaasgevind het. Die gesprek handel oor ’n baie sensitiewe onderwerp, naamlik: die kerk en homoseksualiteit. Die e-pos gesprek het ontstaan na aanleiding van ’n artikel deur Stefan wat in die koerant Beeld verskyn het. Die oorspronklike artikel en daaropvolgende e-pos korrespondensie word met Stefan se verbale toestemming op die Internet geplaas en word sonder verandering of korreksie geplaas. Verskoon daarmee asseblief moontlike foute en die persoonlike trant van dele van die gesprek.
Vanaf die kant van die AntWoord bediening wil ons graag net die volgende duidelik stel: Ons staan by alles wat van ons kant af in die gesprek gesê word, maar ons dink vir geen oomblik dat dit die einde van die gesprek is nie. Die standpunte en argumente was op skrif gestel as direkte reaksie op Stefan se artikel en moet in daardie konteks gesien word. Ons glo dat ’n langtermyn oplossing vir hierdie debat nie sonder direkte betrokkenheid deur homoseksueel georiënteerde Christene en die ernstige opneem van die Bybel moontlik is nie. Ons wil egter vra dat beide kante se standpunte ernstig opgeneem sal word in hierdie debat. Beide kante het die geneigdheid om die ander kant te “label” en dit is teenproduktief. ’n Biddende proses van afhanklikheid van die Here en die betrokkenheid van al die relevante partye mag op die lange duur deur die Here se genade help om ’n Christelike oplossing daar te stel. Dit is ons gebed.
Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!